ILM AL-HÂL

88 GHUSL (GROOT/HOOF RITUELE ABLUSIE) Ghusl (rituele bad) is die was van die hele liggaam, inslu- itend die binnekant van die mond en die neus. Ghusl word verpligtend as gevolg van die toestand van Janâbah (groot onreinheid) veroorsaak deur ‘n natdroom, seksuele intiem- heid, en ook deur Haydh (menstruasie) of Nifâs (postnatale bloeding). FARDH (VERPLIGTE) WETTE van GHUSL Die Fardh (verpligte) handelinge van die ghusl is drie: 1. Was die binnekant van die mond, 2. Was die binnekant van die neus, 3. Was die hele liggaam. DIE SUNNAH HANDELINGE van GHUSL 1. Om die Niyyah (voorneme) te maak, 2. Om Basmalah te lees, 3. Was eers die private/ skaamdele, 4. Om eers drie keer water oor die kop te gooi, dan weer oor die regterskouer, langs die linkerskouer en dan die hele liggaam. Terwyl dit gedoen word, word die lig- gaam elke keer goed gevryf.

RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=