ILM AL-HÂL

71 8. Om aan die slaap te raak in ‘n lêende posisie of tydens kruising van die bene of terwyl jy teen iets leun. (As jy aan die slaap raak terwyl jou sitvlak stewig in ‘n sit-posisie ge- plaas is, word jou Wudhû nie nietig verklaar nie). 9. Terwyl jy in Salâh is, om op so ’n manier te lag dat iemand anders kan hoor, 10. Bloei tussen die tande in so ‘n mate dat die bloed gelyk is aan of dominant oor die speeksel. As dit minder is as die speeksel is, breek dit nie die Wudhû nie. Skeer en die naels knip, maak die Wudhû nie nietig nie. HOE OM WUDHÛ UIT TE VOER Die niyyah (bedoeling) vir Wudhû word in die hart opge- neem. 1. As jy met Wudhû begin, moet jou gesig, indien moontlik, in die rigting van die Qiblah gekeer wees. Indien moontlik, moet jy op ‘n verhewe plek sit en Isti’âdhah en Basmalah (Aûdhu ...) opsê. 2. Was albei jou hande tot by die gewrigte en laat vingers van albei hande teen mekaar (maak khilâl) beweeg en raak. Draai ook jou ring heen en weer sodat water daar- onder bereik, (ILLUSTRASIE: 1) . 3. As jy miswâk het, borsel jou tande daarmee, gebruik andersins jou duim en shahâdah-vinger (wysvinger) om dit te vryf. (ILLUSTRASIE: 2) . 4. Onthou Basmalah en neem water drie maal in jou mond (ILLUSTRASIE: 3) .

RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=