ILM AL-HÂL
70 DIE MAKRÛH (ONSMAAKLIKE/ AFSKUWELIKE/AFGEKEURDE) HANDELINGE VAN WUDHÛ 1. Om die neus met die regterhand te blaas, 2. Om ‘n vereiste deel van die liggaam meer as of mind- er as drie keer te was/vryf, 3. Om water op die gesig te spat, 4. Om Wudhû te maak met water wat in die son warm gemaak is, 5. Om ongenoegsame water vir Wudhû te gebruik, of om dit te vermors, 6. Om tydens Wudhû te praat, 7. Om die Sunnah-dade van Wudhû te verwaarloos. DIE HANDELINGE, WAT WUDHÛ BREEK 1. Onsuiwerhede wat uit ‘n mens se liggaam kom, soos urine, bloed, semen, ontlasting ens. 2. Bloed, etter en geel vloeistof wat uit ‘n mens se lig- gaam vloei, 3. Om ‘n mondvol op te gooi, 4. Om waansinnig te word of verstand te verloor, 5. Om dronk te word, 6. Om flou te word, 7. Om wind deur die anus uit te laat,
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=