ILM AL-HÂL

68 Enige man of vrou wat van plan is om Salâh uit te voer, moet eers Wudhû doen of Ghusl om onderskei- delik uit ‘n toestand van Hadath Al-Asghar te kom of Hadath Al-Akbar. Dit is ook Fardh (verpligtend) vir vroulike Moslems om te Ghusl wanneer hul periodes van Haydh (menstruasie) of Nifâs (postnatale bloeding) eindig. WUDHÛ (ABLUSIE) Wudhû is ‘n vorm van godsdienstige suiwerheid, wat insluit sekere dele van ‘n mens se liggaam was en vee in ooreenstemming met godsdienstige reëls. Die persoon wat nie in ‘n toestand van Wudhû is nie, mag nie aan Salâh deelneem nie of Tawâf (rituele beweging om die Ka’bah) rondom die Heilige Ka’bah maak nie of om aan die Edele Koran te raak nie. DIE FARDH (VERPLIGTE) WETTE van WUDHÛ Die Fardh (verpligte) handelinge van Wudhû is vier: 1. Om die gesig te was, 2. Om die arms tot en met die elmboë te was, 3. Om masah (vee) oor ‘n kwart van die kop te maak, 4. Om die voete tot en met die enkels in te was.

RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=