ILM AL-HÂL
50 QADAR (DIE GODSBESLUIT) Qadar is die goddelike verklaring dat alle gebeure,hetsy goed of sleg, van voor-ewigheid tot ewigheid, deur Allâh, تعالــى , die Almagtige, bepaal word en Hy dra volle kennis daarvan. QADHÂ (GODSWIL) Qadhâ is die plaasvind van al die voorvalle en insident wat deur Allâh, تعالـى , die Almagtige, in die pre-bestaan be- paal is, op hul regte tye en in totale ooreenstemming met die Godswil en -kennis van Allâh, تعالــى , die Almagtige, ‘n Voorbeeld van Qadar (lot) is wanneer Allâh, تعالــى , die Almagtige, op 'n sekere tydstip iemand se geboorte be- willig en beveel het. Dit is van Qadhâ wanneer hy/sy op daardie dag gebore word. RIZQ (VOORSIENING VAN LEWENSBENODIGHEDE) Rizq is die lewensbenodighede wat Allâh, تعالــى , die Al- magtige, aan die lewende wesens voorsien om hul lewens te onderhou. Die mens kies om deur een daarvan jou rizq te verdien, met jou eie vrye wil, deur toelaatbare of verbode middele en Allâh, die Almagtige, bepaal dit ooreenstemmig met jou eie keuse. Daarom, as jy kies om jou rizq deur ‘n verbode manier te ontvang, is jy ten volle verantwoordelik vir die misbruik van jou vrye wil (en dus sondig jy).
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=