ILM AL-HÂL

47 Want as iemand sy/haar vrye wil ten goede gebruik, skep Allâh, تعالــى , die Almagtige, daardie goeie aksie wat daaruit spruit. Aan die ander kant, as hy/sy dit ten kwade gebruik, bring Allâh, تعالى , die Almagtige, ‘n bose optrede tot bestand. Om hierdie rede verdien 'n mens toegang in Jannah (hemel) óf Jahannam (hel) volgens eie vryheid. Ja, die Skepper is inderdaad, Allâh, تعالــى , die Almagtige, alleen. As Allâh, تعالــى , die Almagtige, nie enigiets wil laat geskied nie en as Hy nie skep nie, dan kom niks in bestaan nie en niks gebeur nie. ‘n Mens is slegs in die posisie om te wil voorneem en wil werk vir die aksie, terwyl Allâh, تعالى , die Almagtige, die Skepper is. Irâdah Al-Juz’iyyah kan vergelyk word met die stuurwiel van 'n motor. 'n Motor ry in watter rigting ook al afhangende van hoe die wiel gedraai is. Dit is die rede waarom elkeen van ons wat die bevele van Allâh, تعالى , die Almagtige, onge- hoorsaam, nie kan wegkom van verantwoordelikheid vir ons sonde deur te sê: "Wat kon ek doen toe Allâh, تعالــى , die Almagtige, dit wou gehad het en geskape het?” nie. Ja, Allâh, تعالــى , die Almagtige, het dit so beskik omdat Sy slaaf sy/haar vrye wil in die rigting van daardie aksie gebruik het. Allâh, تعالى , die Almagtige,het 'n vrye wil in almal geskep. Dit gee elkeen die opsie om goeie of sondige dade te kies. As Allâh, تعالــى , die Almagtige nie so 'n vrye wil geskep het nie, dan sou Sy slawe die finale toets nie deur Hom gegee word nie. Allâh, تعالــى , die Almagtige, dwing nie die slawe om goeie of slegte dade te doen sonder om hul eie vrye wil te gebruik nie. Hy dwing hulle nie om sondes te pleeg

RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=