ILM AL-HÂL
45 geskep. Wanneer Isrâfîl عليــه الســام die Sûr (basuin) vir die eerste keer blaas, sal die Laaste Dag meteens begin, die hele lewende skepping sal sterf, en die wêreld saam met die hele heelal sal vernietig word. As Isrâfîl عليــه الســام die Sûr (basuin) vir die tweede keer blaas, sal die hele skep- ping herlewing kry deur Allâh, die Almagtige, تعالــى , en dan sal daar vergader word op die vlaktes van Mahshar vir die finale oordeel. Daar sal die hele skepping individueel bev- raagteken word oor sy/haar wêreldse dade in die kleinste besonderhede voor Allâh, تعالى , die Almagtige. Teen die tyd sal die onderdruktes hul regte van die onderdrukker ont- vang. Na afloop van die Finale Oordeel, sal die goeie in Jan- nah (die Paradys) gestasioneer wees, en die slegte in die Jahannam (Hel). Sommige van die inwoners van Jannah sal die glorieryke visie van Allâh, die Almagtige, تعالــى ervaar. Dit word beskou dat iemand wat nie in die Hiernamaals glo nie, nie in Allâh, تعالــى , die Almagtige, en in Sy Profeet ﷺ glo nie. AJAL, DIE AANGESTELDE UUR van DIE DOOD Ajal is die einde van 'n mens se lewensduur soos bep- aal deur die goddelike bevel. Ajal arriveer nie vroeër of later as die vasgestelde tyd nie. Alle sterftes is van Ajal, ongeag oënskynlike rede.
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=