ILM AL-HÂL
39 Hy trou met Khadîjah Al-Kubrâ رضـي الله عنـه (Moeder van die Moslems), op 25-jarige ouderdom. Hy het nooit af- gode aanbid nie. Hy het van kleins-af nooit liefde vir hulle getoon nie. Trouens, hy het altyd die afgode gehaat. Hy sou net Allâh,die Almagtige, تعالــى aanbid, volgens die godsdiens van Ibrâhîm عليهم السلم . Soms sou hy opwaarts na die berg Hira naby Makkah gaan en oor die eindelose grootsheid en die hoogste mag van Allâh, die Almag- tige, تعالــى besin. Met die liefde wat Allâh, die Almagtige, تعالــى aan hom gegun het, het hy hom in die oseaan van goddelike liefde verlustig en was hy voortdurend besig met die herinnering van Allâh, die Almagtige, تعالــى terwyl flitse van goddelike lig van Tawhîd (eenheid) in sy hart gebrand het. Op 'n dag, toe Muhammad ﷺ in die grot van Hira was, diep opgeneem in nadenke oor die geestelike wêreld uniek aan hom, het Jibrâ’il عليهم السلم na hom gekom volgens die bevel van Allâh, die Almagtige, تعالى om amptelik sy plig tot profeetskap aan te kondig. Jibrâ’il عليهــم الســام het vir Muhammad ﷺ , die gelief- de van Allâh, تعالــى , die Almagtige en die verlosser van die mensdom en die jinn, عليهــم الســام gesê: 'Iqra'! '(Lees) 'Wat sal ek lees?' Het Muhammad ﷺ gevra. Jibrâ’il عليهـم السـام het die Profeet ﷺ omhels, sy bors styf vasged- ruk en hom vrygelaat. 'Iqra'! 'Herhaal Jibrâ'il عليهم السلم .
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=