ILM AL-HÂL

38 ONS MOET ONS PROFEET ﷺ GOED KEN Om 'n eerbare, deugsame en goeie mens in hierdie wêreld asook die hiernamaals te wees, is slegs moontlik deur te weet wie ons Profeet Muhammad ﷺ is, die oorsaak van genade vir al die wêrelde, deur hom deeglik te verstaan en 'n ware volgeling van hom te wees. As iemand hom nie ken nie en ons Profeet liefhet nie, is dit nie vir hulle moontlik om onder die agbare en deugsame te wees nie. Die naam van ons Profeet is Muhammad ﷺ , sy vader se naam was Abdullâh en die naam van sy moeder was Âminah. Sy pa is oorlede toe sy ma 7 maande swanger was. Hy verlig die hele heelal met sy geboorte op Maandag die 12de in Makkah Al-Mukarramah van Rabî 'Al-Awwal, wat ooreenstem met die 20ste April 571 C.E. Hy het by sy geboorte geen gelyke met ander babas nie. Die lig van profeetskap in hom het aankykende oë verblind. Hy het by sy pleegma, Halîmah, gebly tot hy vier jaar oud was. Daarna is hy aan sy gesin terugbesorg. Toe hy ses was, is sy moeder Âminah oorlede. Sy oupa, Abdul Muttalib, het hom onder sy sorg geneem, maar twee jaar na die dood van sy moeder, is sy oupa oorlede. Na hi- erdie tyd het hy by sy oom, Abû Tâlib, gebly. Muhammad ﷺ se kinderjare, jeug, pre-huwelikslewe, huwelik (d.w.s. elke fase van sy lewe), is gekenmerk met 'n unieke deug en volmaaktheid wat by geen ander mens gesien word nie.

RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=