ILM AL-HÂL
34 ONS NABÎ, MUHAMMAD ﷺ Die eerbare voorouers van Muhammad ﷺ : Die vaderlike voorvaders van Muhammad ﷺ , wat be- gin met sy vader en na Adnân, 'n afstammeling van Ismâ'îl عليـه السـام voorafgegaan word, is soos volg: Muhammad ﷺ , Abdullâh, Abdulmuttalib, Hâshim, Abdu Manâf, Qusayy, Kilâb, Murrah, Ka’ab, Luayy, Ghâlib, Fikhr, Mâlik, Nadr, Kinânah, Khuzaymah, Mudrikah, Ilyâs, Mudarr, Nidhâr, Ma’ad, Adnân. Die moederlike voorouers van Muhammad ﷺ wat begin met symoeder, is: Âminah, Wahb, AbduManâf, Zuhrah, Kilâb. Die prominentste en die grootste van al die Profete عليــه الســام is sonder twyfel Muhammad ﷺ . Al die Profete voor Muhammad ﷺ is aan 'n spesifieke gemeenskap, 'n dorp of 'n stad gestuur. Maar Muham- mad ﷺ is as die Profeet vir die geheel aangestel, van die mensdom en jinn, na alle wesens en in sy volste sin, vir die agttienduisend wêrelde as 'n middel van genade oor hulle. Om te verstaan hoe groot en omvattend 'n genade hy vir die hele die mens en jinn is, moet ons die toestand van die mensdom bestudeer voor die tyd wat dit deur die geboorte van Muhammad ﷺ met blydskap vereer is. Voor die koms van ons Nabî ﷺ , die trots van die heelal, was dit die donker era gevul met onrus en chaos en al- lerhande immorele kwaaddoening. Godsdienstig was die mense van die tyd geheel en al verlore in allersoorte inno- vasies en afwykings. Hulle was betrokke in 'n warboel van
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=