ILM AL-HÂL
32 hul hande opgevoer is deur Godsgenade en Toestemming van Allâh, die Almagtige, تعالــى Die eerste man en die eerste Profeet was Adam عليه السلم . Die ontstaan van die mens, die eerbare skepping, kan toegeskryf word as afkomstig van rein en suiwer mense van Jannah, en nie 'n aap soos sekere mense beweer het nie. Die onsinnigheid wat volhou: 'Die oorsprong van die mens is 'n aap' is tans weerspreek deur verbeterende wetenskap en tegnologie. Dit moet hier goed opgemerk word; ons oorsprong is nie ape nie, maar eerder rein en suiwer mense uit Jannah (paradys), naamlik Hazrat Adam عليه السـام en Hazrat Hawwâ. DIE KWALITEITE VAN DIE PROFETE Daar is vyf eienskappe wat die Profete عليــه الســام besit wat ons behoort te weet. Hulle is soos volg: 1. Al-Sidq (Ware eerlikheid): Die Profete عليــه الســام was eerlik. Hulle het nooit leuens vertel nie. 2. Al-Amânah (Betroubaarheid): Hulle was betroubaar. Daar kon in alle situasies op hulle staatgemaak word. 3. Al-Tablîgh (Kommunikasie): Hulle het bevele en prohibisies van Allâh, die Almagtige, تعالــى sonder enige aarseling, aan die mens gekommunikeer en niks uitgelaat nie. 4. Al-Fatânah (Intelligensie): Hulle het oor die hoogste vlak van intelligensie beskik. 5. Al-lsmah (Onskuld): Hulle was onskuldig aan enige oortreding. Hulle was ver weg van sondes pleeg.
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=