ILM AL-HÂL

282 Qunût Duas (smekinge) te resiteer of ek vergeet albei, 3. In ‘n vier rakah Fardh Salâh, as ek vergeet om ​onmiddellik nadat ek gesê het “Tahiyyât” op te staan en in plaas daar- van, gaan ek voort met die volgende, eerste woorde van die Salawât op te noem, wat begin met “Allâhumma salli ala Muhammadin “. V - Wat noem ons die aande waarin ons veral in Ibâdah (aanbidding) deurbring? A - Ons noem hulle die Heilige (Groot) Aande. V - Hoeveel heilige (groot) aande is daar in ‘n jaar? A- Daar is vyf heilige (groot) aande in ‘n jaar: 1. Die Aand van Mawlid, 2. Die Aand van Raghâib, 3. Die Aand van Mi’râj, 4. Die Aand van Barâ’ah, 5. Die Aand van Qadr. V - Wat is die aand van Mawlid? A - Dit is die herdenking van die geseënde nag toe ons Profeet ﷺ gebore is. V - Wat is die aand van Raghâib? A - Dit is die geseënde nag toe Hazrat Aminah verstaan het dat sy met ons Profeet ﷺ verwagtend was. V - Wat is die aand van Mi’râj? A - Dit is die geseënde nag van ons Nabî Muhammad ﷺ se wonderlike reis na die Hemel en ander wêrelde deur die uitnodiging van Allâh, die Almagtige, تعالــی

RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=