ILM AL-HÂL

280 V - Wat is die interne dele? A - Die openings-Takbîr, staan, resiteer van Qur’ân, Rukû’ (buig), Sajdah (prostrasie), en finale sitting (Om lank genoeg te sit om Tahiyyât te lees). V - Hoeveel keer word Salâh daagliks uitgevoer? A- Salâh word vyf keer per dag uitgevoer: Teen dag- breek (Fajr), middag (Zuhr), laatmiddag (Asr), sonsonder- gang (Maghrib) en laataand (Isha). V - Hoeveel rakahs (eenhede) is daar in elke Salah? A - Fajr Salâh het vier rakahs; twee Sunnah en twee Fardh. Eers word die Sunnah uitgevoer en daarna die Fardh. Zuhr Salâh het tien rakahs (eenhede); vier Sunnah eerste, gevolg deur vier Fardh en laastens twee Sunnah. Dit word in hierdie orde uitgevoer: Eers vier Sunnah, dan vier Fardh en dan die twee laaste Sunnah. Asr Salâh is agt rakahs (eenhede); vier Sunnah en vier Fardh. Eers word die Sunnah en daarna die Fardh uitgevoer. Magh- rib Salâh is vyf rakahs (eenhede); drie Fardh en twee Sunnah. Eers word die Fardh en daarna die Sunnah uit- gevoer. Isha Salâh is dertien rakahs (eenhede); eers vier Sunnah, daarna vier Fardh, daarna twee finale Sunnah, en uiteindelik drie Wâjib Witr. Eers vier Sunnah, daarna vier Fardh, daarna twee Sunnah en uiteindelik word drie witr-eenhede uitgevoer. Altesaam veertig rakahs (eenhe- de) word per dag uitgevoer.

RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=