ILM AL-HÂL
277 V - Wanneer is Imâm Maturidî رحمة الله عليه oorlede? A - Hy is in 333 (A.H) (Moslemkalender) oorlede. V – Van waar was Imâm Abû’l Hasan Al-Ash’arî رحمــة الله عليــه en wanneer is hy oorlede? A - Hy was van Basra en is in 324 oorlede (A.H). V - Hoeveel aanvaarbare redes is daar om Salâh mis te loop (Qadhâ Salâh)? A - Drie. V - Wat is dit? A - 1. Slaap, 2. Om nie ‘n geleentheid te vind terwyl jy teen die vyand in geveg tree nie, 3. Om te vergeet. V - Wat is die twee-en-dertig Fardh (verpligte) aktes? A - 6 artikels van Îmân (Geloof), 5 pilare van Islâm, 4 van Wudhû (ablusie), 3 van GhusI, 2 van Tayammum en 12 verpligte aktes en dade van Salâh. In totaal is hulle 32. V - Wat is die artikels van Îmân (geloof)? A - Om te glo in die bestaan en eenheid van Allâh, die Almagtige, تعالــی , in Sy engele, boeke, profete, in die oor- deelsdag, en die Godslot, (d.w.s. dat alle goed en sleg van Allâh, die Almagtige, تعالــی af kom).
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=