ILM AL-HÂL
26 SIFÂT Al-THUBÛTİYYAH (DIE ONVERANDERLIKE EIENSKAPPE VAN ALLÂH, DIE ALMAGTIGE, تعالى ) Sifât Al-Thubûtiyyah, die onveranderlike ken- merke van Allâh, die Almagtige, تعالــى is agt. Dit is soos volg: 1. Al-Hayât: Lewe, Allâh, die Almagtige, تعالــى Leef en Herleef 2. Al-'llm: Kennis, Hy weet alles tot in so 'n mate dat Hy selfs kennis dra van die geheime voornemens van die harte, 3. Al-Sami': Hoor, Hy hoor alles, 4. Al- Basar : Kyk, Hy sien alles. Allâh, die Almagtige, تعالى kan 'n swart mier op 'n swart rots in die donker van nag sien kruip en Hy kan die geluid van sy bewegende ledemate hoor, 5. Al-Irâdah: Wil, Hy het 'n absolute wil. Hy doen wat Hy ook al wil en op watter manier ook al Hy wil. 6. Al-Qudrah: Mag, Hy is die Almagtige تعالــى . Hy het mag oor alle dinge, 7. Al-Kalâm: Spraak, Hy praat sonder dat hy letters of klanke en geluide nodig het. Koran is die Spraak van Allâh, die Almagtige, تعالــى 8. Al-Takwîn: Skepping, Hy is die Skepper van alle dinge enwesens.
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=