ILM AL-HÂL

243 sonder om dit ten minste te begeer het, sterf hy in ‘n soort skynheiligheid.” Mag ons behoed wees om in so ‘n situasie te wees. “Jihâd is Fardh (verpligtend) vir alle Moslem-mans en -vroue.” PLIGTE VAN MOSLEMS IN DIE SAMELEWING 1. Handhaaf die regte van bure: Ons bure is die naaste aan ons na ons gesin en familie. Ons moet al ons bure beskerm en moet hulle nie deur ons gedrag of woorde steur nie. Ons Profeet ﷺ het gesê: ‘Ji- brâ’îl het soveel advies vir my gegee oor die regte van bure dat ek gedink het een buurman sou van ‘n ander kon erf.” 2. Verantwoordelikhede teenoor gaste: Ons Profeet ﷺ het gesê: “’n Mens wat in Allâh, die Al- magtige, تعالــی en die Oordeelsdag glo, moet sy gaste ver- eer.” Hy ﷺ sê dat ‘n gas nooit armoede vir die huis wat hy besoek, veroorsaak nie, maar hy bring oorvloed. ‘n Gas besoek ‘n huis met tien neergesette porsies. Hy eet van een van hulle, en laat nege (porsies) agter.” Om die gaste te vereer volgens die beginsels van Islâm, is een van die belangrikste pligte van Moslems wat oor geskikte huise en ander middele beskik.

RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=