ILM AL-HÂL
242 JIHÂD (HEILIGE STRYD) Jihâd behels alle pogings wat aangewend word om die godsdiens van Allah te versprei. Moslems is daarvoor verantwoordelik om Jihâd te maak buiten hulle daaglikse Ibâdah (aanbidding), wat hulle verplig is om uit te voer. Die belangrikste plig van elke Moslem moet wees om ’n stryd teen allersoorte Bid’ah (innovasies) in die godsdiens en valsheid te voer, en om met jou rykdom, lewe en ener- gie na te streef dat allersoorte kwaad wat Îmân en Akhlâq (Moraliteit) vernietig, uitgeroei word. Jihâd word onderneem om Islâm te propageer. Dit word gedoen om die lig van die Verklaring van die Kalimah Tawhîd (Eenheid van Allâh, die Almagtige, تعالی ), te versprei om die Mu’mins (gelowiges) teen ongeloof te beskerm, en om hierdie lig aan ongelowiges wat nie met die ontvangs daarvan vereer is nie, oor te dra . Aangesien daar altyd ’n stryd tussen die goeie en die bose in verskillende vorms en aspekte sal wees, sal Jihâd vanselfsprekend en natuurlik tot die Oordeelsdag voortbestaan. Dit is die uiterlike vorm van Jihâd. Daar is ook ‘n ander vorm van Jihâd wat teen ‘n mens se eie nafs binne sy eie liggaam, gedoen word, die innerlike Jihâd. Dit is die beste manier van Jihâd. Sommige van die Ahadith Sharîfah van Ons Profeet wat die betekenis van Jihâd uiteensit: “As iemand sterf sonder om in Jihâd in die weg van Allâh, die Almagtige, تعالــی betrokke te gewees het of
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=