ILM AL-HÂL

238 die Hiernamaals. ‘n Mens moet heelhartig hartseer voel en berou het oor die sondes wat jy gepleeg het. ‘n Mens moet vasbeslote wees om nie weer enige sonde te pleeg nie. Jy moet onmiddellik nadat jy dit gepleeg het, ‘n goeie daad verrig, dan voer jy Salâh uit en vra vir Allâh, die Al- magtige, تعالــی se vergifnis. Die grootste manier hiervan is die Tasbîh Salâh. Afgesien hiervan, moet ‘n mens die kwytskelding van ander vra wie se regte jy onregverdig geskend het. As ‘n mens se hart onverskillig en sorgeloos is en jy bereid is om sondes opnuut te doen, dan is bekering en vergifnis vra met die tong alleen, nutteloos. DIE GROOT SMEEKBEDE VIR VERGIFNISِ َسُبْحَانَ اللهِ وَبِحَمْدِه۪ سُبْحَانَ اللهِ الْعَظ۪يم اَسْتَغْفِرُ اللهَ الْعَظ۪يمَ وَاَتُوبُ اِلَيْك “Subhânallâhi wa bi-hamdihî Subhânallâhi-l athîm ast- aghfirullâha-l athîm wa atûbu ilayk. ” Veral diegene wat groot sondes gepleeg het, moet die volgende Dua (smeking) as smeekbede gereeld uitvoer: اَللّهُمّ مَغْفِرَتُكَ اَوْسَعُ مِنْ ذُنُوب۪ى وَرَحْمَتُكَ اَرْجٰى عِنْد۪ى مِنْ عَمَل۪ى

RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=