ILM AL-HÂL

237 HOPELOOSHEID IS VERKEERD Beide te veel selfvertroue of oormoedigheid en wan- hoop is ‘n ontkenning van geloof. Dit sal ongeloof wees as ‘n mens oormoedig voel oor die woede van Allâh, die Almagtige, تعالــی deur te beweer dat jy “’n sekere hoeveelheid goeie dade verrig het” en dus die Jannah verdien, of inteendeel, jy wanhoop weens ‘hierdie aantal sondes’ het en seker voel dat jy in die hel sal beland. Ons Profeet ﷺ het gesê: “’n Moslem moet in ‘n bewussynstoestand tussen vrees en hoop verkeer.” ‘n Moslem moet hoopvol wees, vanweë die genade van Allâh, die Almagtige, تعالی , maar jy moet bang vir jou swak- hede wees. As ‘n mens sou hoor: “Net een persoon sal na die Paradys toegelaat word,” moet ‘n mens sê: “Ek won- der of dit ek is,”, en as jy sou hoor: “Net een persoon sal hel toe gaan,” moet jy sê: “Ek wonder of dit ek is.” Allâh, die Almagtige, تعالــی verklaar in ‘n Hadîth Qudsî: “As my dienaar een spanlengte na My toe kom, gaan Ek ’n vadem na hom toe, as My kneg na My toe loop, hardloop Ek na hom toe.” Hierdie gedeeltelike aanhaling onthul dat Allâh, die Almagtige, تعالی ons spoedig met Sy vergifnis en leiding bevoordeel wanneer ons dit opreg begeer. VOORWAARDES WAT TAWBAH (BEKERING) AANVAARBAAR MAAK ‘n Mens moet weet wat die sonde is wat jy begaan het, want dit hou ‘n mens weg van geluk in hierdie wêreld en

RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=