ILM AL-HÂL
233 TYD VIR UDHIYYAH Die tyd van Udhiyyah is die 10de, 11de en 12de van Dhul-Hijjah. Dit is egter meer lonend om op die eerste dag te offer. DIE PROSEDURE VAN UDHIYYAH (OFFER VAN ’N DIER) EN SY VOORNEME Die offerdier word neergesit sonder om dit seer te maak, sodat dit in die Qiblah gekeer is. Die Takbîr, “Allâhu Akbar, Allâhu Akbar la ilaha illallâhu muurâhu Akbar, Allâhu Akbar wa lillahilhamd ” word drie keer geresiteer en die voorneme is soos volg: “O Rabb (Here)! Soos ek ‘n groot sondaar is en in op- stand met U kom, is dit inderdaad nodig om myself aan U op te offer. Maar U het die menslike offer verbied, so ek offer hierdie dier as ‘n plaasvervanger vir my liggaam, aan- vaar dit asseblief.” Terwyl “Bismillâhi Allâhu Akbar” gesê word, word die offerdier geslag. Dit is verkieslik dat ‘n persoon sy dier self offer en slag. Maar as hy nie daartoe in staat is nie, moet hy ’n gedele- geerde Moslem aanstel om die offer te doen. Dit is beter om ten tye van die offer teenwoordig te wees. Die vleis van die geofferde dier word in drie porsies ver- deel. Een porsie kan gehou word vir gesinsverbruik, een kan gehou word om die vriende en familie te voed en ‘n gedeelte moet aan die armes gegee word as ‘n Sadaqah.
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=