ILM AL-HÂL

231 4. Om vry te wees, 5. Om genoegsame finansiële middele en vermoë te hê vir reis en ander uitgawes, en die basiese behoeftes vir die pelgrim se familie en huishoudelike uitgawes totdat die pelgrim terugkeer, 6. ‘n Moslem in ‘n nie-Moslemland behoort te weet die Hajj is Fardh. NOODSAAKLIKE VOORWAARDES VIR DIE UITVOER VAN DIE HAJJ 1. Om redelik gesond te wees, 2. Om veilige reisvoorwaardes te hê, 3. ‘n Vrou moet vergesel word van haar man of mahram (haar naaste manlike gesinslid soos haar seun, broer, of vader met wie die huwelik volgens die wet van die Koran verbied is), 4. ‘n Vrou wie se man oorlede is, of ’n vrou wat geskei is, moet haar wagperiode (iddah) voltooi het, 5. Om vry te wees van struikelblokke soos gevangenisstraf. VOORWAARDES VIR DIE SIHHAH (GELDIGHEID) VAN DIE HAJJ 1. Ihrâm (om Ihrâm aan te trek met die voorneme om die Hajj te onderneem) 2. Tyd (Dhul-Hijjah) 3. Plek (Ka’bah en Arafat) 4. Islâm (Om ‘n Moslem te wees) Vir meer inligting, raadpleeg ons boek ‘’n Kort Gids vir Hajj en Umrah ”.

RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=