ILM AL-HÂL

228 moet die Zakâh daarvan gegee word as dit die hoeveelheid van Nisâb bereik. Nisâb: Dit is ‘n godsdienstige standaard om die aanspreeklikheid van, om Zakâh te betaal, te bepaal. Nisâb vir Zakâh is om 20 mithqâl (80,18 gram) goud te besit, of ‘n ekwivalente hoeveelheid geld of handelgoedere wat die skuld en basiese behoeftes van ‘n mens oorskry. Die basiese behoeftes sluit ‘n huis en sy meubels in, klere, gereedskap, boeke, ‘n voertuig (of ‘n perd) en van jou voorraad. Een-veertigste (2,5%) van die belasbare bedrag moet as Zakâh gegee word. Zakâh op vee: een skaap uit elke veertig skape, een skaap uit elke vyf kamele, een kalf uit elke dertig beeste. Myne (edelgesteentes) is ook aan Zakâh onderhewig. ZAKÂH VAN GEWASSE Ushr is die Zakâh op plaasprodukte, wat een tiende is van die gewas van die land (waarop geproduseer word). As die besproeiing van die land op kunsmatige wyse is, is die hoeveelheid een-twintigste. Plaasgewasse sluit koring, gars, rys, gierst, waatlemoen, komkommer, eiervrug, klaw- er, olywe, sesam, heuning, manna, suikerriet en vrugte en dies meer in. Lande in Turkye is Ushr-toepaslik omdat dit privaat en geregistreer is. Moslem-grondeienaars wat met die boerdery besig is, moet hulle Ushr gee sodat hul oes Halâl (wettig) sal wees.

RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=