ILM AL-HÂL

224 ‘n Mens kan dit in twee rakahs of vier rakahs uitvoer. Dit is Sunnah om ‘n rukkie na elke Salâm te sit. Gedurende hierdie tyd, mag enkele Salawât Al-Sharîfah, Salat Al-Um- miyah 32 , sommige Âyât (verse) en Duas (smekinge) opge- noem word. Wanneer jy opstaan, mag jy “Allahumma salli‘ alâ sayy- idinâ Muhammadin wa ‘alâli sayyidinâ Muhammad,” re- siteer. Die imâm moet sy gemeente in ag neem. As daar enige musalîes van die Shafi’î Madhhab is wat agter hom bid, moet hy Salâm na elke twee rakahs gee. I’TIKAF I’tikaf is om ‘n geruime tyd in ‘n masjid (moskee) of ‘n hukmi masjid 33 te bly waarin Salâh in Jamâ’ah uitgevoer word – met die voorneme vir I’tikâf. Daar is drie soorte I’tikâf: Wâjib, Sunnah Al-Muakkadah en Mustahab. ‘n Gelofte gedoen vir I’tikaf, is Wâjib. I’tikaf wat in die laaste tien dae van Ramadhân waargeneem word, is Sun- nah Al-Muakkadadah. Wanneer sommige individue in die gemeenskap hierdie aanbidding waarneem, word dit beskou dat die Sunnah deur die hele gemeenskap ver- vul is. I’tikaf wat ’n geruime tyd in ’n Masjid ten ander tye waargeneem word, met die voorneme van Ibâdah (aan- bidding), is Mustahab. 32 Allahumma Salli Alâ Sayyidinâ Muhammadin Al-Nabbiyi Al-Ummiyyi Wa Alâ Âlihî Wa Sahbihî Wa Sallim 33 Dit is ‘n plek onderworpe aan die reëls van ‘n masjid.

RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=