ILM AL-HÂL

223 AKSIES WAT NIE ’N PERSOON SE VAS BREEK NIE 1. Om te eet, drink en intimiteit te hê as gevolg van ver- geetagtigheid, 2. Om te ejakuleer deur bloot te dink of te kyk, 3. Om ‘n nat droom te hê, 4. Om te soen sonder ejakulasie, 5. Om hijâmah (bloedlating) te doen, 6. Om slym (van die keel) af te sluk, 7. Om slym van die neus af te sluk, 8. Water wat in die ore beland. 9. Om iets kleiner as ‘n kekerertjie te sluk wat na dag- breek (Imsâq) tussen die tande gebly het, 10. Om onwillekeurig op te gooi, al is dit ‘n groot be- drag, 11. Om kohl vir die oë toe te pas, 12. Om te skinder, 13. Om medisinale oogdruppels te gebruik. SALÂH AL-TARÂWÎH Tarawih Salâh is ‘n Sunnah van Ramadhân. Dit is ‘n Sun- nah Al-Muakkadah vir beide mans en vroue. Dit bestaan uit twintig rakahs (eenhede). Dit is Sunnah om dit met die gemeente uit te voer. Dit kan ook individueel uitgevoer word. Dit word na Ishâ en voor die Witr Salâh uitgevoer.

RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=