ILM AL-HÂL
222 HANDELINGE WAT DIE VAS BREEK EN WAT VEREIS DAT DIE VAS AS QADHÂ EN KAFFÂRAH (BOETE-VERGOEDING) GEHOU WORD 1. Om bewustelik te eet en te drink, 2. Om bewustelik intimiteit (gekoppel aan geslags- gemeenskap) te hê, 3. Om bewustelik te rook, 4. Om die vas te breek nadat jy geskinder het, deur te dink dat die vas alreeds gebreek is. 5. Om die speeksel van ‘n eggenoot of geliefde in te sluk. ‘n Mens moet versoening doen vir ‘n vas wat om een van die bogenoemde redes gebreek is, deur sestig agter- eenvolgende dae te vas sonder om ‘n dag oor te slaan plus een addisionele dag vir elke vas wat gebreek is. MAKRÛH (AFGEKEURDE) WETTE VIR DIE PERSOON WAT VAS 1. Om sonder enige behoefte of nodigheid aan iets te proe, 2. Om enigiets sonder behoefte of nodigheid te kou, 3. Om ‘n kougom te kou wat reeds gekou is en nie meer sy smaak het nie, 4. Om te soen, 5. Om die eggenoot te omhels, 6. Om die speeksel in die mond op te gaar en dit daarna te sluk, 7. Om ‘n bloedmonster te laat neem.
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=