ILM AL-HÂL
219 Die begintyd van die vas word ‘Imsâq’ genoem en die eindtyd “Iftar”. TIPES VAS Die vas is van ses soorte: 1. Fardh (verpligtend), 2. Wâjib (verpligtend,minder bevestig), 3. Sunnah (gewoonte(s) van die profeet) 4. Mandûb (aanbeveel), 5. Nâfilah (vrywillig), 6. Makrûh (afskuwelike en afgekeurde). Fardh Vas: Dit is die vas wat in Ramadhân opgehou word, of later opgemaak word as dit om ‘n geldige rede in Ramadhân gemis word. Die Kaffarah (boetedoening ver- goeding) word gemaak as die vas nie plaasgevind het nie, met of sonder ’n geldige rede. Wâjib Vas: ’n Nafilah vas word Qadhâ (om op te maak) gemaak, omrede dat dit tydens die uitvoering daarvan nietig verklaar is. En vas as iemand om enige redes ’n ge- lofte gemaak het om te vas. Sunnah Vas: Vas op die negende en die tiende dag van die maand van Muharram (Âshûrâ’). Mandûb-vas: Vas drie dae in elke maand. Dit word verder aanbeveel om hierdie drie dae te vas: 13de, 14de en 15de dae genaamd “Ayyâm Al-Bîdh”. Nâfilah Vas: Al die ander voorbeelde van vas, uit- gesonderd die Makrûh (afgekeur) vas, is Nafilah-vaste.
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=