ILM AL-HÂL
211 DIE IBÂDÂT (VORMS VAN AANBIDDING) om aan te bied OP DIE HEILIGE NAGTE LAYLAH AL-MAWLID (DIE GESE Ë NDE AAND VAN DIE GEBOORTE VAN NABÎ MUHAMMAD) ﷺ Laylah Al-Mawlid is die aand toe die heelal vereer is deur die geboorte van Nabî Muhammad ﷺ , op die 12de aand van Rabî ‘Al-Awwal. Hierdie aand moet jy die Tasbîh Salâh uitvoer met die volgende Niyyah (voorneme): “O Rabb (Heer)! Ter wille van Rasûlullâh ﷺ , wat U Mees Geliefde is, wat die kroon van ons hoofde is, U vooraan- staande profeet met wie se geboorte U die heelal verlig het: Ek smeek U om my, U nederigste en arme slaaf, U goddelike vergifnis en Genade te vergun. Allahu Akbar”. LAYLAH AL-RAGHÂ’IB (DIE NAG VAN RAGHÂ’IB [WENSE] Rajab is die eerste van die drie geseënde maande (naamlik, Rajab, Sha’bân en Ramadhân) en Laylah Al- Raghâ’ib is die eerste Vrydagaand van Rajab (wat vol- gens die Westerse begrip, die Donderdagaand is). Op hierdie geseënde aand, moet jy ‘n Hajah Salâh (Salâh van
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=