ILM AL-HÂL
209 Die reëls van Watan Al-Iqâmah (tuiste van residensie) verander nie met Watan Al-Suknâ nie. 3. Watan Al-Suknâ (die tuiste van tydelike verblyf) Dit is die plek waar ‘n Musâfir (reisiger) van voorneme is om minder as vyftien dae te bly, en ’n plek wat minstens negentig kilometer ver van sy oorspronklike huis af is. In Watan Al-Suknâ (die tuiste van tydelike verblyf), is ‘n reisi- ger onderworpe aan die reëls van reis en voer hy/sy dus die vier-rakah Fardh (verpligte) dele van Salâh (Gebede) in twee rakahs uit. SAJDAH AL-TILÂWAH (DIE VERSE WAARVOOR PROSTRASIE ’N VEREISTE IS) Die woord “Sajdah” ســجدة (Prostrasie) word langs daar- die verse van Sajdah Al-Tilâwah (verse van prostrasie) in die Glorieryke Koran geskryf. As ‘n mens een van hierdie verse resiteer terwyl jy die Glorieryke Koran voorlees, word dit Wâjib (verpligtend) om Sajdah Al-Tilâwah uit te voer. Na voltooiing (van die lees) van so ‘n vers, staan jy op, kyk na Qiblah en sê ‘Allâhu Akbar’ sonder om die hande op te lig en sê jy die Tasbîh “Subhâna Rabb’iyal-alâ” drie keer. Dan kom jy uit die Sajdah op met die bewoording van Allâhu Akbar en resiteer die volgende dua (smeking): ‘Sami’nâ wa ata’nâ, ghufrânaka Rabb’anâ wa ilaykal- masîr. “
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=