ILM AL-HÂL
208 Byvoorbeeld, as ‘n man met ‘n vrou trou wat van ‘n stad afkomstig is waar hy nie gebore is nie, en as hy van voor- neme is om hom permanent in sy eggenote se dorp te vestig, word sy geboorteplek in hierdie geval, nie meer sy Watan Al-Aslî (oorspronklike tuiste) nie. Dus, as so ’n per- soon van voorneme is om in sy voormalige oorspronklike tuiste vir minder as vyftien dae lank te bly, voer hy die vi- er-rakah Fardh dele van Salâh (gebede) in twee rakahs uit. Trouens, toe Rasûlullâh, vanaf Madînah Al-Munawwa- rah na Makkah Al-Mukarramah gereis het, waar hy gebore was en getroud is, het hy die vier rakah Fardh dele van sy Salâh (gebede) in twee rakahs in Makkah Al-Mukarramah uitgevoer. As ‘n man meer as een vrou het en hy hulle huisves in verskillende dorpe, is hy nie aan die reëls van ‘n Musâ- fir (reisiger) in enige van daardie dorpe onderworpe nie. Watan Al-Aslî (oorspronklike tuiste) verander nie met ‘n Watan Al-Iqâmah (tuiste van residensie) nie. 2. Watan Al-Iqâmah (Tuiste van residensie) Dit is die plek waar ‘n Musâfir (reisiger) van plan is om ten minste vyftien dae lank te bly, wat minstens negen- tig kilometer weg van ‘n mens se oorspronklike tuiste is. Hier word die vier-rakah Fardh (verpligte) gedeeltes van die Salâh (gebede) volledig uitgevoer. Die reëls wat van toepassing is op Watan Al-Iqâmah (tuiste van residensie) verander óf deur na ‘n ander Watan Al-Iqâmah (tuiste van residensie) te skuif óf deur na Watan Al-Aslî (oorspronklik tuiste) terug te keer.
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=