ILM AL-HÂL
207 Sodra ‘n reisiger na sy/haar tuisdorp teruggekeer het, is hy/sy nie meer onderworpe aan die reëls van Safar (reis) nie. Ongeag hoe kort van tydsduur hulle (reisigers) in hul vaderland bly, word sulke persone beskou as Muqîm (in- woner) en voer hulle al die Salâh (gebede) volledig uit. As ‘n reisiger enige Fardh Salâh tydens sy/haar reis misgeloop het, voer hy/sy die verpligte dele van sy/haar vermiste Salâh in twee rakah’s uit. Dit doen hy/sy wan- neer haar/sy na die tuisdorp terugkeer, of as hy/sy nog op reis is. Aan die anderkant, wanneer ‘n Musâfir (reisiger) vier rakah Fardh Salâh (gebede) terwyl hy/sy Muqîm (inwoner) is, misgeloop het, voer hy/sy dit (die vermiste Salah) volle- dig uit tydens reis (in ‘n toestand van Safar). “Watan” (Vaderland) word in drie kategorie ë verdeel 1. Die “Watan Al-Aslî” (oorspronklike tuiste), 2. Die “Watan Al-Iqâmah” (tuiste van residensie), 3. Die “Watan Al-Suknâ” (tuiste van tydelike verblyf). 1. Watan Al-Aslî (Oorspronklike tuiste) Dit is die plek waar ‘n persoon gebore is of getroud raak. Daarbenewens word die plek waar ‘n mens van plan is om permament te woon, ook as die oorspronklike tuiste beskou alhoewel jy nie daar gebore was nie, of al het jy nie daar getrou nie. Watan Al-Aslî (oorspronklike tuiste) kan slegs deur ‘n ander Watan Al-Aslî (oorspronklike tuiste) verander word.
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=