ILM AL-HÂL

204 - My Dîn is Islâm. - Wie is jou Nabî (Profeet)? - My Nabî is Mohammed ﷺ . - Wat is jou kitâb (boek)? - My kitâb is die Glorieryke Koran. - Wat is jou qiblah? - My qiblah is die Heilige Ka’bah. ‘N BESOEK AAN DIE GRAFTE Dit is Mandûb (aanbeveel) vir beide mans en vroue om die grafte te besoek. Tydens ‘n grafbesoek word Sûrah Al-Fâtihah een keer en Sûrah Al-lkhlas elf keer geresiteer, as geskenk aan die oorledene. Dit word aanbeveel om Sûrah Yâsîn Al-Sharîf en Sûrah Al-Takathur (“Alhakumut- takâthur”) te resiteer. Dit is nie Makrûh (afgekeur) om op ‘n graf te sit om die Edele Koran te resiteer nie. Dit is egter Makrûh om daarop te sit, om rede anders as om die Edele Koran te resiteer, soos om daarop te slaap of om dit vuil te maak. As daar ‘n ernstige noodsaaklikheid is om op die grafte te moet loop, kan ‘n mens dit doen, nadat jy Sûrah Al-Fâtihah een keer en Sûrah Al-lkhlas elf keer geresiteer het, as ‘n geskenk aan die siele van die Moslems wat in die begraafplaas rus. Dit is Makrûh (afgekeur) om gras te ontwortel of om bome in ‘n begraafplaas af te kap, want dit is ‘n Kaffarah (manier om te verander en vergoed vir die sondes van die afgestorwe Moslems), solank dit groen is. Daar is geen

RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=