ILM AL-HÂL
201 hande by die aankondiging van die vierde Takbîr vry te laat en gee dan die Salâm. (Durar, volume: 1, bladsy: 53). 2. Wanneer die imâm die Takbîr sê, staan sommige mense in die gemeente met hulle hoofde gelig; dit is ook nie korrek nie. 3. As die plek waar Janâzah Salâh uitgevoer word, nie skoon is nie, of ’n mens se skoene nie skoon is nie, moet ’n mens die skoene uittrek en daarop staan. DIE GRAF EN DIE BEGRAFNIS Dit is ‘n Sunnah-daad om na die Janâzah Salah, die doodskis (waarin die oorledene gedra word) te dra. ‘n Mens moet die kis hou op so ’n manier dat elke hoek ge- hou word, eerstens op die regterskouer aan die voorkant, dan die regterskouer agter, dan die linkerskouer aan die voorkant en uiteindelik die linkerskouer agter; dit word ge- doen deur elke keer vir tien treë ver te loop. Die kis moet spoedig gedra word, maar sonder dat die lyk skud. Dit is Makrûh (afgekeur) om in dhikrullah (herinnering aan Allah) te wees terwyl jy agter die kis loop sowel as om te gaan sit voordat die kis neergesit word. Die graf moet tot die diepte van die helfte van die hoogte van ’n mens gegrawe word en breed en lank genoeg dat die lyk sal kan inpas. Dit is beter om die graf selfs dieper te grawe. Na vol- tooiing van die graafproses word ‘n “Lahd” gemaak as die grond hard is; dit beteken dat ‘n nis aan die onderkant van die graf gemaak word, aan daardie kant van die graf
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=