ILM AL-HÂL
197 SALÂH AL-JANÂZAH (BEGRAFNISGEBED) Janâzah Salâh (begrafnisgebed) is ‘n dua (smeking) vir die oorlede Moslem, wat Fardh Al-Kifâyah (kollek- tief-verpligtend) vir die Moslems in die gemeenskap en samelewing is. Die voorwaardes nodig vir die uitvoering van Janâzah Salâh is soos volg: 1- Die oorledene moet ‘n Moslemwees. Dus, word geen Janâzah Salâh (begrafnisgebed) uitgevoer oor iemand wat nie as ‘n Moslem bekend is nie, 2- Die oorledene moet Ghusl-bad gegee word en in ‘n skoon kleed toegedraai word, 3 - Die liggaam moet voor die imâm en die gemeente geplaas word, 4- Die hele liggaam of die grootste deel van die lyk moet teenwoordig wees. As die grootste deel van die liggaam ontbreek of die grootste deel teenwoordig is terwyl die kop nie is nie, word dit nie gewas nie, en die Salâh word ook nie uitgevoer nie. Die lyk word net in ‘n kleed toegedraai en begrawe. HOE OM DIE SALÂH AL-JANÂZAH AAN TE BIED Janâzah Salâh (begrafnisgebed) word met vier Takbîr in Qiyâm (staande posisie) uitgevoer. Daar is geen Sajdah of Rukû’ daarin nie.
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=