ILM AL-HÂL
196 ‘n Kop-omhulsel om die kop en die gesig te bedek en ‘n lap om die borste te omhul. As daar nie genoegsame lap vir ‘n volledige kleed is nie, dan sal net Al-Idhâr en Al-Lifafah genoeg wees vir mans, terwyl Al-Idhâr en Al-Lifafah en die hoofbedekking voldoende vir vroulike Moslems is. As dit nie beskikbaar is nie, kan enige lengte van lap gebruik word. Wit katoenlap word verkies bo ander materiale. HOE OM ‘N DOOIE LIGGAAM IN DIE DOODSKLEED TE HUL Qamis is ‘n los, moulose hemp wat die liggaam van die basis van die nek tot by die voete dek. Ithar dek die lig- gaam van die kop tot die voete. Met Lifafah, word die hele liggaam toegedraai en dan word die boonste en onderste einddele vasgebind. ‘n Lyk is bedek van nek tot voete met Qamis, wat ‘n los en moulose hemp is, en van kop tot voete met Ithar. Dan word dit van kop tot voete in Lifafah toegedraai en die twee einddele word vasgemaak. Die linkerkant van die kleed word oor die regtereen gevou. By vroulike Moslems is die kleed vyf stukke. Afgesien van die bogenoemde drie stukke, is daar ook die voorhangsel wat oor Qamis geplaas word en ‘n stuk lap om die borste te bedek.
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=