ILM AL-HÂL
192 tyd van lmsaq (dagbreek). Byvoorbeeld, as die tyd van die Zuhr Salâh van ‘n dag om twaalfuur die middag is, begin die tyd van Salâh Al-Tahajjud om twaalf middernag. Vir ‘n gedetailleerde uiteensetting van hierdie Nawafil (superoragatoriese/opsionele) Salâh (gebede), kan jy na ons werk met die titel: “Duas en lbadahs aanbeveel vir die heilige dae en nagte ” verwys. SALÂH AL-TASBÎH Salâh Al-Tasbîh is die grootste vorm van berou en vra om vergifnis, wat met die hele liggaam gedoen word. Rasûlullâh ﷺ het eens met sy geliefde oom, Hazrat Abbas رضــي الله عنــه , gepraat, rakende Salâh Al-Tasbîh: [“O Oom! Laat ek u deur middel van ‘n geskenk van tien be- lonings inlig wat Allah u sondes sal vergewe, die eerste en die laaste van hulle, die voriges en die heel onlangse, die onbedoelde en opsetlike, die kleiner en die ernstiger, die geheime en die openlike.”] (Hy ﷺ het hom van Tasbîh Salâh geleer en het voort- gegaan om hom advies te gee). “As u dit kan doen, voer hierdie Salâh elke dag uit. As u dít nie kan doen nie, voer dit dan een keer per maand uit. As jy selfs dít nie kan doen nie, een keer per jaar; anders, een keer in u leeftyd. ” HOE OM SALÂH AL-TASBÎH UIT TE VOER Salâh Al-Tasbîh bestaan uit vier rakahs, waarin die die volgende Tasbîh 300 keer geresiteer word:
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=