ILM AL-HÂL

189 “Die eerste ding waaroor ‘n slaaf ondervra sal word op die Oordeelsdag, sal Salâh (gebed) wees.” Hierdie Hadith Sharîf (‘n heilige tradisie), dui aan dat die addisionele ondervraging van diegene wat bevredigend hulle Salâh (gebede) nagekom het, gemaklik gemaak sal word, terwyl diegene wat versuim het om dit te doen, in ‘n baie ernstige posisie sal wees. Al sou ‘n mens miljoene aan liefdadigheid gee in die plek van ‘n daaglikse Salah, of as iemand Salah van hon- derd rakahs vir die verantwoordelikheid van ‘n ander se twee rakah Salâh moes aanbied, sal die verantwoordelik- heid van Salâh nooit vergoed en vervang word nie. ‘n Salâh (gebed) word beskou as uitgevoer slegs wan- neer dit uitgevoer word deur die persoon wat daarvoor verantwoordelik is. Om hierdie rede, as iemand die verant- woordelikheid van ’n daaglikse Salâh dra, wat hy/sy ver- suim het om, in sy voorgeskrewe tyd na behore uit te voer, vanweë sorgeloosheid of luiheid, moet hy/sy daarvoor ver- goed sonder enige verdere versuim en Allah om vergifnis daarvoor vra. ’n Mens wat baie Salâh (gebede) misgeloop het, bereken eers wat hy/sy skuld. Dan begin hierdie Salahs uitgevoer te word, van die oudste tot die huidigste tot alles voltooi is. Alhoewel dit toelaatbaar is om dit uit te voer van die heel begin, is dit beter om van die laaste te begin, vir die straf van dit wat op ouer ouderdom misgeloop is, word groter geag as dit van die jonger ouderdomme. Van hierdie punt besk- ou, is dit beter om vir die mees onlangse vergifnis te smeek.

RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=