ILM AL-HÂL

184 DIE SEWE VOORWAARDES VIR DIE WUJÛB (NOODSAAKLIKHEID) VAN SALÂH AL-JUMU’AH 1. Om ‘n man te wees (Nie verpligtend vir vroulike Mos- lems of hermafrodiete nie), 2. Om vry te wees (Nie verpligtend vir die slawe of gevangenes nie), 3. Om Muqîm (inwoner) te wees (Nie verpligtend vir ’n persoon wat 90 km of meer reis nie), 4. Om gesond te wees (Nie verpligtend vir iemand wat te siek is om in die moskee te bid nie), 5. Om goeie visie van die oë te hê (Nie verpligtend op blindes nie), 6. Om goeie gebruik van die bene te hê (nie verpligtend vir die kreupeles nie), 7. Om nie ‘n geldige verskoning te hê, wat iemand ver- hoed om na die moskee te gaan nie (bv. vrees vir ‘n vyand, baie swaar reën, modder en soortgelyke toestande wat die mens sal verhinder om die Jumu’ah Salâh by te woon). DIE SES VOORWAARDES VIR DIE SIHHAH (GELDIGHEID) VAN SALÂH AL-JUMU’AH 1. Die plek waar die Jumu’ah Salâh uitgevoer gaan word, moet ‘n stad wees (‘n mens kan dit ook op ‘n dorp doen wat ‘n handves gekry het), 2. Dit word gelei deur die Amîr (leier/heerser) of sy ad- junk, 3. Dit moet uitgevoer word ten tye van die Zuhr Salâh,

RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=