ILM AL-HÂL
183 HOE OM SAJDAH AL-SAHW UIT TE VOER (PROSTRASIE VAN VERGEETAGTIGHEID) Sajdah Al-Sahw moet soos volg uitgevoer word: nadat die musallî gesê het “Attahiyyâtu” en die Salâm (groet) vol- tooi het, eerstens na regs en dan na links, volg twee op- eenvolgende Sajdahs, elkeen begin met die gesegde van “Allahu Akbar”. Na die tweede Sajdah sit die musallî en sê hy/sy die “At- tahiyyâtu”, “Allâhumma salli”, Allâhumma bârik” en “Rab- bana Âtinâ” duas. Dan gee hy/sy die Salâm (groet) eers na regs en daarna links; hiermee word die Salâh voltooi. As ‘n imâm die Sajdah Al-Sahw uitvoer, doen hy dit na- dat Salâm aan die regterkant gegee word. SALÂH AL-JUMU’AH (VRYDAG-GEBED) Salâh Al-Jum’ah is ‘n Fardh (verpligte) Salâh van Jamâ’ah (gemeente), wat op ’n Vrydag in die plek van Zuhr Salâh uitgevoer word. Benewens die voorwaardes van die vyf daaglikse Salâh (gebede), het Jumu’ah Salâh nog twee voorwaardes: 1. Die voorwaardes vir die Wujûb (noodsaaklikheid) van die Jumu’ah Salâh, 2. Die voorwaardes vir die Sihhah (geldigheid) van die Jumu’ah Salâh.
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=