ILM AL-HÂL
182 SAJDAH AL-SAHW (PROSTRASIE VAN VERGEETAGTIGHEID) Sajdah Al-Sahw (Die prostrasie van vergeetagtigheid) is ‘n Wâjib (verpligte maar minder bevestig as fardh) Sajdah wat uitgevoer moet word om ‘n fout in Salâh reg te stel, wat deur vergeetagtigheid veroorsaak is, of weglating, of vertraging in die uitvoer, of herhaling, of ‘n daad wat nalatig in Salâh uitgevoer is. GEVALLE WAT SAJDAH AL-SAHW NOODSAAK (PROSTRASIE VAN VERGEETAGTIGHEID) Sajdah Al-Sahw is nodig as daar ‘n weglating of vertrag- ing van ‘n Wâjib (verpligte, maar minder bevestig as Fardh) handeling is, of bloot ‘n vertraging van ‘n Fardh (verpligte) handeling. Sajdah Al-Sahw kan egter nie die weglating van ‘n Fardh (verpligte) handeling regstel nie. In hierdie geval, moet Salâh herhaal word. Wat die weglating van ‘n Sunnah-daad betref, is daar geen vereiste om Sajdah Al-Sahw uit te voer nie. As ‘n mens stilweg in Salâh resiteer, in plaas van har- dop, of as ’n mens die Qunût Du’a uitlaat, of die eerste Tashahhud (Qa’dah Al-Ula) in ‘n vier-rakah Salâh vergeet, moet Sajdah Al-Sahw uitgevoer word. Sodoende sal die fout reggestel word.
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=