ILM AL-HÂL

180 5. SALÂH AL-’ISHÂ In die uitvoering van Salâh Al-Isha (die Laataand-Gebed) voer die musallî eers die eerste vier rakahs Sunnah uit pre- sies soos in die Sunnah van die Asr Salâh. Dan voer hy die vier rakah Fardh uit, soos die Fardh-deel van die Zuhr Salâh, nadat hy die Iqâmah aangekondig het, en daarna die laaste twee rakahs van Sunnah, soos die Sunnah van die Fajr Salah. Daar is geen verskil in hul uitvoering nie, behalwe vir die voornemens (niyyah). SALÂH AL-WITR Salâh Al-Witr (onewe-getal gebed) is ‘n Wâjib (verpligte, minder gevestig as Fardh) Salâh, wat uit drie rakahs bestaan. Dit word na Ishâ Salâh uitgevoer. In elke rakah resiteer die musallî Sûrah Al-Fâtihah en ‘n bykomende Sûrah of enkele Âyât (verse). Witr Salâh word soos volg uitgevoer: Eerstens maak die musallî die Niyyah (voorneme) in die hart: “Ek is van voor- neme om vandag die Witr Salâh uit te voer ter wille van Al- lah.” Dan begin hy/sy Salâh deur die Takbîr (Allâhu Akbar) te sê. Na die eerste twee rakahs, presies soos die Sunnah van die Fajr Salâh, sit hy/sy vir die eerste Tashahhud (Qa’dah Al Ûlâ) en resiteer hy/sy die dua van “Attahiyyâtu ...” Vervolgens sê hy/sy die Takbîr en staan hy/sy op vir die derde rakah. Volgende word Sûrah Al-Fâtihah en ‘n addisionele Sûrah geresiteer. Daarna word albei hande na die kante laat sak sonder om neer te buig en bring dan die hande opwaarts soos in die begin van ‘n Salâh met die gesegde van “Allâhu

RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=