ILM AL-HÂL

179 4. SALÂH AL-MAGHRIB Die Fardh-deel van die Maghrib Salâh (Sonsonder- gang-gebed) word voor die Sunnah uitgevoer. Die manlike musallî’ wat op die punt is om Maghrib Salâh te begin, moet eers die Iqâmah aankondig en die Niyyah (voor- neme) op hierdie manier maak: “Ek is van voorneme om die Fardh-deel van Maghrib Salâh van vandag uit te voer .” Voer dan die drie-rakah Fardh van die Maghrib Salâh uit. Nadat die musallî’s die eerste en tweede rakahs soos die twee rakahs van die Fardh-deel van die Fajr Salâh uit- gevoer het, sit hulle vir die eerste Tashahhud (Qa’dah Al- Ûlâ) waartydens hulle die dua van Tashahhud “Attahiyyâtu ...” resiteer. Daarna sê hulle die Takbîr (Allâhu Akbar) en staan hulle​ op vir die derde rakah. Dan resiteer hulle net Sûrah Al-Fâ- tihah in die derde rakah en sit hulle vir die tweede Tashah- hud (Qa’dah Al-Khirah) waartydens hulle die dua van “Attahiyyâtu ...” die Salawât van “Allâhumma salli ...” en “Allâhumma bârik ...” en die dua “Rabbanâtinâ” resiteer. Daarna voltooi hulle die Salâh met die Salâm (groet), eers regs en dan links. Na die uitvoering van die Fardh-deel van die Maghrib Salâh, maak die musallî die voorneme vir die Sunnah-deel daarvan: “Ek is van voorneme om die Sunnah rakah van Maghrib Salâh uit te voer”. Daarna voer hy/sy die twee rakahs Sunnah uit van die Maghrib Salâh presies soos die Sunnah-deel van die Fajr Salâh.

RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=