ILM AL-HÂL
178 Die laaste twee Sunnah rakahs van die Zuhr Salâh word uitgevoer presies op dieselfde manier as die twee rakahs Sunnah van die Fajr Salâh, met die uitdrukking van die Niyyah (voorneme) soos volg: “Ek is van voorneme om die finale Sunnah van Zuhr Salah van vandag uit te voer.” (Verwys na “Hoe om Salâh uit te voer”) 3. SALÂH AL-ASR Die persoon wat Asr Salâh wil uitvoer, begin eers met die Sunnah-dele (4 rakahs) deur die Niyyah (voorneme) te maak: “Ek is van voorneme om die Sunnah-gedeelte van vandag se Asr Salâh (middaggebed) uit te voer.” Die eerste twee rakahs word uitgevoer soos die Sunnah-deel van die Fajr Salâh. Die musallî resiteer die Salawât van “Allâhumma salli ...” en “Allâhumma bârik ...” na die dua van Tashahhud in die eerste sitting (Qa’dah Al-Ulâ). Volgende, staan hy/sy op vir die derde rakah met die woorde van “Allâhu Akbar”. Daar- na resiteer hy/sy die dua van Subhânaka (Thanâ) en sê Isti’âdhah en Basmalah (Aûdhu…) voor Sûrah Al-Fâtihah. Dan voer hy/sy nog twee rakahs uit. Die musallî voer die Fardh-deel van die Asr Salâh uit op presies diselfde manier soos in die Fardh-deel van die Zuhr Salâh, met die enigste verskil in die uitdrukking van Niyyah (voorneme). Hier is jy van voorneme om die Fardh (verpligte) deel van die Asr Salâh uit te voer. Die manlike musallî’s moet nie versuim om die Iqâmah voor die uitvoer- ing van die Fardh-deel van die Asr Salâh aan te kondig nie.
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=