ILM AL-HÂL
176 VYF DAAGLIKSE SALÂH 1. SALÂH AL-FAJR Salâh Al-Fajr (Die Oggendgebed) bestaan uit vier rakahs, die eerste twee is die Sunnah rakahs en die laaste twee die Fardh (verpligte) rakahs. Eerstens word die Sunnah-rakahs uitgevoer, daarna die Fardh. Die mens wat die Fajr Salâh uitvoer, maak eers Wudhû (Ablution), staan in die rigting van die Qiblah, maak die Niyyah (voorneme) in die staande posisie in die hart vir die Sunnah-deel van die Fajr Salâh, en begin die Salâh met die Takbîr (Allâhu Akbar). Dan, voer die musallî die twee rakahs van Sunnah uit soos geïllus- treer in die hoofstuk “Hoe om Salâh uit te voer”. Na voltooiing van die Sunnah van Fajr Salâh, moet die musallî (uitvoerder van Salâh) opstaan, die Iqâmah opno- em, die Niyyah (voorneme) in die hart maak vir die Fardh (verpligte) deel van die Fajr Salâh, en Salâh met die Tak- bîr (Allâhu Akbar) begin (vroulike musallia’s noem nie die Iqâmah vir enige Salâh op nie). Om ‘n lang Sûrah (hoofstuk) vir Fajr Salâh te resiteer, is ‘n Sunnah vir diegene wat daartoe in staat is. Na die vol- tooiing van die twee rakahs, word die Tasbîhât voorgelees en dua word gemaak soos hierbo uiteengesit. 2. SALÂH AL-ZUHR Die persoon wat beoog om Salâh Al-Zuhr uit te voer (middaggebed), maak die Niyyah (voorneme) eers in die hart vir die eerste Sunnah deel van die Zuhr Salâh. Dan
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=