ILM AL-HÂL
154 tweede rakah, plaas ‘n man sy linkervoet plat en sit hy daa- rop, terwyl hy die regtervoet oplig met sy tone in die rigting van die Qiblah (ILLUSTRASIE: 9) . ‘n Vrou sit op haar heup- bene en plaas die voete aan die regterkant (ILLUSTRASIE: 10) . Resiteer in hierdie posisie die dua van Tashahhud (At- tahiyyâtu), die Salawat van “Allâhumma Salli”, “Allâhuma Bârik” en duas soos “Rabbanâ Âtinâ”. Draai daarna jou kop eers na die regterkant vir die Salâm en sê: “Assâlamu alaikumwa Rahmatullâh” (ILLUSTRASIE: 11-12) . Draai dan links met die aanbieding van dieselfde Salâm (groet). So word Salâh voltooi (ILLUS- TRASIE: 13-14 ) . Die Fardh (verpligte) rakahs van Salâh Al-Fajr word op dieselfde manier as die Sunnah rakahs uitgevoer. Die mans kondig lqâmah aan voor die begin van ‘n Fardh Salâh. Na die voltooiing van enige Salâh deur die aanbieding van die Salâms, word die volgende dua voorgedra:َ اَللّهُمّ اَنْتَ السّلَمُ وَمِنْكَ السّلَمُ تَبارَكْت *ِ يَا ذَا الْجَلَلِ وَالِْكْرَام “Allâhumma, anta-s Salâm wa minka-sm Salâm, Tabârakta yâ dhal Jalâli wa-l ikrâm” Na hierdie uitdrukking bring die musallî Salawât op die Profeet ﷺ en dra hy die volgende Tasbîh voor:
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=