ILM AL-HÂL
152 skouers oorskry nie (ILLUSTRASIE: 2) . Nadat hy die Tak- bîr geuiter het, sit ‘n manlike musallîy sy regterhand op die linkerhand (hy hou die gewrig van die linkerhand vas en vorm sodoende ‘n sirkel met die duim en die kleinste vinger van die regterhand) en hou dit gemaklik vas onder die naeltjie (ILLUSTRASIE: 3) . ‘n Vroulike musalliyah plaas haar regterhand op die linkerhand oor haar bors (ILLUS- TRASIE: 4) . Lees vervolgens die smeking van Subhânaka (Thanâ), Isti’âdhah, Basmalah en Sûrah Al-Fâtihah voor. Sê ‘Âmîn’ aan die einde van Sûrah Al-Fâtihah. Lees na Sûrah Al-Fâti- hah ‘n addisionele Sûrah of ‘n lang Âyah (vers) voor, gelyk aan die lengte van ‘n kort Sûrah. Laat jou hande daarna los na die sye toe en buig voor in Rukû’ terwyl jy Allâhu Akbar sê. In die buigposisie hou ‘n man die knieë met die hande, met die vingers weg van mekaar af, en die kop en die rug op gelyke vlak geplaas (ILLUSTRASIE: 5) . ’n Vrou buig nie so veel soos ‘n man nie (ILLUSTRASIE: 6) . Lees die Tas- bîh tydens Rukû’ minstens drie keer voor met hierdie uitd- rukking: “Subhâna Rabb’iyal athim”. Plaas die sig van jou oë op die tone in die buiging, maar moenie jou kop sak nie en hou dit gelyk. Staan dan op uit Rukû en resiteer: “Sami’allâhu liman-hamidah” en “Rabbanâ laka-l hamd. Wanneer jou liggaam gemaklik in ’n staande posisie is, gaan in die posisie van Sajdah, met die uitspraak van Al- lahu Akbar. Wanneer jy in Sajdah verkeer, word eers die knieë op die grond geplaas, dan die hande en dan die kop.
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=