ILM AL-HÂL
148 37. Om op die voue oor die voorkop van ‘n tulband sonder geldige verskoning te prostreer (d.w.s. die voorkop moet oop wees as dit aan die grond raak), 38. Om teen ‘n muur in Qiyâm (staan posisie), sonder verskoning te leun, 39. Om te buig na links of regs terwyl jy in die staande posisie is, 40. Om net op een voet, sonder verskoning te staan, 41. Om die Âyât (verse) of die Tasbîh met die vingers te tel terwyl jy bid, 42. Om alleen te bid op ‘n plek waar daar ‘n gemeente- like Salâh (gebed) aan die gang is, 43. Dat die Imâm op enige ander plek as in die mihrâb staan, 44. Dat die Imâm op ‘n plek ongeveer 50 cm laer as dit van die gemeente staan, sodat die gemeente op ‘n hoër vlak as die imam is, 45. Dat die Imâm op ‘n plek ongeveer 50 cm hoër as die van die gemeente (Al-Jamâ’ah) staan, (dit is egter nie Makrûh as daar selfs een persoon langs die imâm is nie, en in dieselfde mihrâb staan nie) 46. Om die Basmalah en Âmîn hardop, voor te lees 47. Voltooiing van die Qirâ’ah (voorlesing uit die Koran) terwyl jy afbuig, 48. Versuim om die Takbîrât op die regte tye voor te lees; versuim ook om die ander Takbîrât en voorlesings van die Edele Koran op hul geskikte tye voor te lees,
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=