ILM AL-HÂL
145 (die agbare opnemers) en die engele genaamd Hafadhhah (beskermers) te groet, 14. Weerhou jou en bied weerstand teen hoes, soveel as wat moontlik is. DIE MAKRÛH (AFGEKEURDE) HANDELINGE van SALÂH 1. Rondkyk in Salâh, 2. Speel met die klere of liggaamsdele (daar is geen skade om ‘n deel van ’n kledingstuk wat vasgeklou het, af te skud met ‘n klein beweging van die liggaam nie), 3. Die vingers met opset kraak, 4. Verwyder klippies of soortgelyke voorwerpe van die plek van prostrasie, 5. Plaas die hand aan die sye, 6. Krap ‘n deel van die liggaam een of twee keer; (dit is beter om die neus te vee om te voorkom dat dit drup), 7. Sit kruisbeen sonder enige verskoning, 8. Om te bid in die rigting van iemand wat in jou rigting gekeer is, 9. Om te bid voor ‘n vuur wat brandende kole bevat, 10. Om te bid in klere met beelde van lewende wes- ens daarop of om te bid daar waar sulke beelde rondom die musallî (uitvoerder van Salâh) is wat maklik gesien kan wees, 11. Om jou te strek,
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=