ILM AL-HÂL

139 SAJDAH (PROSTRASIE) Die vyfde pilaar van Salâh is Sajdah (Prostrasie). Na die persoon uit die posisie van Rukû’ kom, word die volgen- de pilaar, Sajdah, uitgevoer wat gedoen word deur die voorkop, neus, tone van albei voete, albei hande en al- bei knieë; in totaal om sewe dele van die liggaam op die grond te plaas. Tydens Sajdah (prostrasie), moet die oë aan weerskante van die neus gerig wees. Die hande moet aan die sy van die gesig geplaas word met die vingers vas teen mekaar en na Qiblah vasgehou. QA’DAH AL-ÂKHIRAH (FINALE SIT) Qa’dah Al-hkirah (finale sit) is die sesde pilaar van Salah. Dit is die daad van sit aan die einde van Salâh lank genoeg om Tashahhud (At-Tahiyyâtu) te verklaar. Tydens die posisie van Qa’dah Al-Âkhirah (finale sit), plaas ’n man sy linkervoet horisontaal en sit hy daarop ter- wyl sy regtervoet (vertikaal) op die tone in die rigting van die Qiblah gerig is. ‘n Vrou sit egter op haar heupbene terwyl sy albei voete aan die regterkant uitwys. Hierdie soort sit vir vroue word Tawarruk genoem. In hierdie posisie word die hande op die dye geplaas in die rigting van Qiblah. Die oë word op die skoot gerig.

RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=