ILM AL-HÂL

13 VOORWOORD Eindelose Hamd, dank en lof aan Allâh, die Almagtige, تعالى ,Wat die mensdom en die ganse heelal met goddelike dinge geskep het, met wysheid, en om 'n groot doel. Mag seëninge en vrede heers oor Muhammad, die genade vir die heelal, die belangrikste voorbidder en die grootste Profeet van Allâh, die Almagtige, تعالى , op sy ges- in, op sy metgeselle en op almal wat sy heilige pad gevolg het en wat dit steeds volg. Ilm Al-Hâl het betrekking op 'n tak van Islamitiese ken- nis wat inligting verskaf oor Îmân (geloof) en ‘ibâdah (aan- bidding), wat elke Moslem verplig is om te verkry. Profeet Muhammad ﷺ het gesê: “Dit is verpligtend vir elke man en vrou wat Moslem is, om kennis aan te skaf.” Die verpligte kennis, wat die trots van die heelal ﷺ in sy geseënde woorde aangedui het, is inder- daad die “Ilm Al-Hâl”. Hierdie kennis sal diegene wat opreg daarop reageer tot geluk in hierdie wêreld en in die Hiernamaals lei. Om hierdie rede is dit verpligtend en noodsaaklik vir elke Moslem-man en vrou om die sake rakende Îmân (geloof) en ‘ibâdah (aanbidding) aan te leer. ‘n Mens kan nie 'n perfekte Mumin (gelowige) wees sonder om te leer nie en om hierdie noodsaaklikhede,

RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=