ILM AL-HÂL
116 ARKÂN (PILARS) van SALÂH Die Arkân (pilare) van Salâh is ses: 1. Takbîr Al-lftitâh 2. Qiyâm, 3. Qirâ’ah, 4. Rukû ‘, 5. Sajdah, 6. Qa’dah Al-Âkhirah. TAKBÎR AL-IFTITÂH (OM SALÂH TE BEGIN DEUR TE SÊ “ALLÂHU AKBAR”) Die eerste pilaar van Salâh is Takbîr Al-Iftitâh, wat begin van Salâh is, deur Allâhu Akbar te sê. Dit is nie toelaat- baar (Jâ’iz) om die eerste lettergreep te verleng soos in “Aaallâhu” in die voordrag van Takbîr nie. Enigiemand wat hierdie fout begaan, het inderdaad nie die Salâh begin nie. As so ‘n fout tydens die Salâh plaasvind, word jou Salâh nietig verklaar. QIYÂM (OM TE STAAN) Die tweede pilaar van Salâh is Qiyâm (staande). Qiyâm (staan) is nodig in Fardh (verpligte) en Wâjib (bindende, minder bevestigde verpligte [nie so sterk soos Fardh nie]) Salâh (gebede). ‘n Moslem wat kan staan, mag nie hierdie Salâh (gebede) in ‘n sittende posisie uitvoer nie.
RkJQdWJsaXNoZXIy NTY0MzU=